Ons Trots!!!

HTS Witbank spog met uitmuntende atlete wat jaarliks goeie punte behaal op die ASA-tabel.

Ons lewer Top Atlete op, waarop ons super trots is, en wat genooi word om op Internasionale vlak te gaan meeding.

Ons neem deel aan die Top 10, Top 20 asook Nkangala streek atletiek.

Ons het ook SA Kampioene in ons midde, wat 1ste plekke op die Skole SA Atletiek behaal.

HTS spog met vele Provinsiale atlete en ons glo dat u die vrymoedigheid sal openbaar om u kind die beste geleenthede op ons sportvelde te kom laat geniet

  • Deelname aan spog byeenkomste
  • Deel van Groep 2 se groot Interhoërfees
  • Voor seisoen oefening word aangebied omdat ons atletiek seisoen so kort is – ‘n fikse atleet kweek ‘n sterk wintersport deelnemer ook

SUPER BYEENKOMSTE

  • Massa Interhuis deelname
  • Massa Tuisbyeenkoms deelname
  • Uitsoekbyeenkomste teen topskole
  • Deelname aan TOP 10, TOP 20 en Streek
  • Spog tuisbyeenkomste

AFRIGTERS:

  • Ons afrigters is gekwalifiseerd en tree op as spanbestuurders by SA-skolekampioenskappe
  • Dien op provinsiale komitees en is self top atlete en hulle GEE OM!!!
  • Tartanoppervlakte vir verspring.
  • Apparaat van hoogstaande gehalte.
  • Biokinetikus, Fisioterapeut en Mediese Dokter is op die perseel beskikbaar.