HTS Witbank is ‘n akademiese skool met ‘n volledige Tegniese Studierigting ekstra!

Die lewe is ‘n lied – en jy moet dit kan geniet. Maak jou skool loopbaan die beste tyd van jou lewe.

HTS Witbank is ‘n skool met gewone en talentvolle kinders wat werk vir uitsonderlike prestasies tot God se eer. Ons wil jou help om jou talente deur die volgende paar jaar te ontdek en ontwikkel – daarom is die Briljante Blou Skool net die regte keuse vir jou; ons bied baie pret , puik gees en meer as genoeg geleenthede.

Ons skool bestaan al sedert 1954 en steeds bou ons voort op ‘n naam diep gewortel in ons gemeenskap.

As jy deel wil word van die Briljante Blou Familie is die grootste werk verby, en kan ons nie wag om jou in te span en deel te maak van een van dié sterkste skole in ons distrik nie.

Vele geleenthede word by ons aangebied. Op Akademiese vlak presteer ons skool uitsonderlik, op die Kultuur gebied is ons beslis iemand om mee rekening te hou, en natuurlik lê ons Sport ons baie na aan die hart.

Dit is vir ons ‘n voorreg om met die kroon van God se skepping – ons kinders – te kan werk. Dis vir ons lekker om jongmense op hul lewenspad te help.

Ons visie

  • om die skool van voorkeur in Witbank te wees!

Ons missie

  • om elke leerling vanuit ‘n Godsdienstige perspektief deur uitnemende onderwys, na volwassenheid te lei.

Excellence is not something we do, it is something we are!

Top 10 leerders word kwartaalliks vereer.

Presteerders aan buite skool aktiwiteite, Provinsiale Kleure asook Internasionale Kleure, spog op ons Eremure in die saal  vir 3 jaar,( mits hul die nodige bewyse van hul prestasies betyds inhandig).

Ons spog met ‘n nuwe “Crossfit” sentrum wat tot voordeel van ons atlete en wintersport soorte gebruik kan word, en dan is daar ook die Gimnasium waar daar elke seisoen ook fiksheids toetse gedoen word. Dit val alles onder leiding van ons Sport direkteur: Mnr Jannie Joubert.

Soos u dus reeds sien, is HTS Witbank die regte plek vir die hele gesin!