HTS Witbank Bied Aan

  • Ringbal
  • Tennis
  • Skaak
  • Perdry – Equestrian
  • Skiet
  • 7’s Rugby
  • Fietsry
  • Gholf
  • Jukskei
  • LAN
  • Landloop
  • Sokker
  • Muurbal
  • Landsdiens
Tennis

Ons is trots op al die Klein Sportsoorte wat hul so uitmuntend in hul taak kwyt en die skool se naam hoog hou!

Perdry

Perdry is een van die Unieke sportsoorte in die wêreld waar seuns en dogters op gelyke vlak deelneem en teen verskillende ouderdomsgroepe.

 

HTS Witbank se ruiterspan het aansienlik gegroei vanaf 2013 tot nou.  Ons het begin met slegs 2 ruiters en ons span het nou al 10 ruiters wat deelneem aan verskillende dissiplines soos “show jumping”, uithouritte, dresser, ” showing” en “Western Games”.

 

Ons spog met provinsiale ruiters in ons skool.

Hierdie ruiters het verskeie plekke behaal tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

Volg ons gerus op ons facebook blad “HTS Witbank Memorylane” of “Toekomstig Blou” vir meer inligting.

 

Skiet

LUGGEWEER SKIET BY HTS WITBANK –

* Grootste skietspan in Nkangala Streek sowel as in Mpumalanga

* Nkangala Streekfinaal:

–  Beste luggeweer skietskool in die streek

– Internasionale Skuts verteenwoordig HTS in Amerika!

– Individuele Wenners: Wen al drie ouderdomsgroepe in Veerklas en Sporterklas asook tweede – en derde plekke

– Algehele Beste Sporterskut (ongeag ouderdom)

– Algehele Beste Veerskut (ongeag ouderdom)

* Mpumalanga finaal:

– Sedert 2012 word grootste aantal skuts uit een skietskool in provinsie na die Mpumalanga Finaal genooi

– Sedert 2012 elke jaar spanwenners asook individuele wenners op Mpumalanga Finaal

– 2014 ook die beste skietskool in Mpumalanga op grond van wenplekke by die Finaal.

– Sedert 2012 kry die meeste skuts uit een skiet skoolspan plek in die Mpumalanga span.

– Jaarliks gaan gewoonlik 4 van ons span afrigters ook na die SA’s saam met die Mpumalanga span.

– Organiseerder van span en Hoof afrigter dien op MSSU bestuur

* SA’s:

– Skuts van HTS Witbank skietspan medalje wenners op SA’s as deel van wenspanne in verskeie klasse/ouderdomsgroepe

– Individuele skuts ontvang ook medaljes as wenners en naaswenners op SA’s sedert 2012

– 1 Skut vir SANSSU nasionale span gekies by SA’s

* Nasionale proewe aan begin van jaar:

– Sedert 2012 word die meeste skuts uit een skoolspan na die Nasionale proewe genooi

– 2015 ontvang een skut volle SANSSU kleure (brons) en is sporterskut wenner van die Nasionale proewe asook die nr 1- spanlid na die BJI’s in Engeland. Hy word ook gekies as kaptein van die SANSSU span wat aan BJI’s deelneem.

LAN

Waar rekenaarspeletjies ‘n werk kan word!

  • 19 Provinsiale klere
  • 6 Nasionale klere
  • 1 Protea klere – Fifa 2015
  • 3 Nasionale kleure
  • 18 Provinsiale klere

Ons bied LAN/Mindsports aan op HTS Witbank se perseel. Belangstellendes kan navraag doen by die Algemene Kantoor, of kontak Me Morizane Boyes deur die skool.

Landsdiens

HTS Witbank het elke jaar lede wat verkies word om die jaarlikse Mpumalanga Landsdiens streekskamp by te woon.

Ons leerders word gekies vir die Nasionale span en HTS Witbank lewer gereeld leerders op wat as hoofleiers verkies word.

Word gerus deel van ons Landsdiens span. Dit is mos VET PRET!

Jukskei

HTS Witbank kan spog met ons groeiende Jukskei span wat op kampioenskappe uitmuntend presteer. Ons is tans ook besig om ons velde op te gradeer sodat ons wel wedstryde ook kan aanbied.

Met opgewondenheid gaan ons die nuwe jaar tegemoet!

Landloop

Die skool neem deel aan klub sowel as skole landloop.  Klublandloop lewer jaarliks kwalifiseerende atlete op wat HTS Witbank op ASA verteenwoordig. (SA kampioenskappe)

Al die atlete het ook Mpumalanga kleure in landloop gekry.

Ons atlete neem gereeld deel aan die alombekende ‘Eskom Park Run’ wat weekliks aangebied word.

Die klub en skole landloop is tans besig om baie goe dte groei met spog atlete.

Skaak

7’s Rugby het ook met mening onder ons leerders ingeklim.

Puma Rhino’s en Grant Khomo spelers kom uit HTS Witbank, waar hul selfs deel van die Internasionale toerspanne word. Harde oefening regdeur die jaar bring goeie resultate, en die toegewydheid van die afrigters het ‘n groot bydrae tot die sukses van hierdie sportsoort.

Krieket

Ons Gholf kompeteer in die Liga en weekliks is daar oefening en/of kompetisie waaraan ons leerders dan deelneem

Fietsry

HTS Witbank het ‘n Skole fietsry klub waar ons deelnemers onder die blou en geel vaandel vir HTS Witbank verteenwoordig. Ons sien uit na nog sukses verhale en vele opgewondenheid wat heers onder die lede.