Netbal

Netbal is baie spesiaal hier by HTS

HTS Witbank het ‘n bakgat netbal gees!  Die afrigters maak dit hulle plig om elke oomblik onvergeetlik te maak met musiek, hop, skip, jump en skaterlag.

Met hierdie goeie gees laat dit ons netbal toe om intens te verbeter, en stof in die oë te skop van enige ander span in die kontrei.

Ons neem deel aan die PUK-Liga wat ons goeie blootstelling gee. Daarom tree ons die afgelope 8 jaar al as Witbankwenners uit die stryd teen ons buurskool:

2015

  • 4 Spanne wen plaaslike liga
  • B-spanne het hierdie jaar ‘n liga hoër gespeel – hulle is nou in die A2 Liga
  • 0/18 B eindig in die 2de plek in plaaslike A2 Liga
  • Al 5 A spanne kwalifiseer vir Mpumalanga Kamioenskappe.
  • 8 Mpumalanga spelers
  • 1ste Span vorder tot by die semi-finaal by Mpumalanga kampioenskappe en eindig 4de in Mpumalanga
  • 2 Afrigters op Nkangala Netbalkomitee
    • A Du Preez – Voorsitter Sekondêre Skole
    • Magdeleen Dupper – Sameroeper Afrigting

2014

  • 7 Spanne wen dorpsliga
  • 1ste Span eindig 4de in Mpumalanga en  neem deel aan SA Skole toernooi en eindig 18de in die land
  • Thandeka Mabasa 0/17 word verkies tot die 0/17 SA-oefengroep van 30 spelers tydens die toernooi
  • 12 Mpumalanga spelers
  • 4 Afrigters na Provinsiale toernooie

2013

  • 8 Spanne wen Dorpsliga
  • 8 Spanne by MSN-kampioenskappe
  • 0/15 B wen brons Madalje
  • 0/18 B Mpumalanga wenners – Goud
  • 9 Mpumalanga spelers
  • 2 Afrigters na Provinsiale toernooi
netbal